Sirkus op Seekat Eiland
by Rholien NelPublish: Nov 28, 2025Series: Die Eiland TweelingChildren's Book Overview
Rita en Pieter Bekker het al een avontuur agter die rug, en nog een was die laaste ding wat hulle verwag het.
Die twee vertrek vir ’n paar dae na Seekat Eiland om te help met die sirkus wat daar kom kuier. Dit is natuurlik baie pret, en die tweeling maak gou vriende met die sirkuskinders.
Maar op ’n eiland wag daar altyd ’n avontuur en skielik bevind die ses kinders hulself in groot moeilikheid. Hierdie keer is daar ook nie net een seerower nie! ’n Aksievolle avontuur volg en die geheimsinnige seekat van Seekat Eiland sorg ook dat hy sy deel doen.